Die chromatiese toonleer is 'n toonleer met twaalf toonhoogtes, wat elk 'n halftoon bo of onder sy aangrensende toonhoogte geleë is. As gevolg daarvan dek die chromatiese toonleer al 12 die beskikbare toonhoogtes in die 12-noot gelykswewende stemming (die algemeenste stemmingstelsel in Westerse musiek). Daar is dus net een chromatiese toonleer.
Verder, in gelykswewende stemming is al die halftone ewe groot (100 sent). Gevolglik is die note in 'n gelykswewend gestemde toonleer eweredig gespasieer. Dit maak die chromatiese toonleer 'n niediatoniese toonleer met geen tonika nie, weens die simmetrie van sy ewerediggespasieerde note.[1]
Die term chromaties word afgelei van die Griekse woord chroma, wat kleur beteken.